Roche Artist

Release Date: July 2015
Genre: Contemporary Gospel, Christian Rock,
Hometown: Benoni
Record Label: Independant

Bookings:
0720121374
roche.artist@gmail.com

Biography

“Ek is ’n aanbidder in my wese.

Dit gaan vir my oor meer as net die musiek. My musiek is gefokus op ‘n nuwe, vars benadering tot die gospelmark. Daar is reeds baie gospelmusiek beskikbaar, maar ek weet my benadering gaan ‘n mark tréf wat lank al iets anders vra,” sê die 32-jarige Roché Oosthuizen – ‘n talentvolle liedjieskrywer, sanger en musikant.

Roché, wat op Grootfontein in Nambië gebore is, is sedert 2001 ‘n skepper van oorspronklike geestelike musiek in die genres gospelrock, aternatiewe en akoestiese musiek.

Sy stemvaardigheid en kitaarvernuf komplementeer sy peinsende komposisies. “Ek het een doel voor oë: om Jesus blywend beroemd te maak, deur middel van liedjies wat die liefde in skakerings van hoop en geloof besing.”

Roché het ‘n passie om ‘n generasie te beïnvloed en leiers op te voed. Sy hart klop warm vir liefdadigheid en hy veg teen vroueverkragting, kindermolestering en mensehandel. “Ek wil nie net bekend staan as ‘n gospelsanger of kunstenaar nie; ek het die brandende passie in my om as menseregtevegter op te staan en namens die slagoffers ‘n stem te wees wat geregtigheid smeek,” sê Roché.

Dit was nog altyd sy begeerte om die kerk met musiek te bemagtig deur middel van nuwe aanbiddingsliedere. Eers was sy fokus op sy plaaslike gemeente, EnDeo in Benoni gerig, waar hy as medeleraar in die bediening staan. Nou wil hy daardie boodskap van hoop met die wêreld deel – dansky ‘n vriend wat hom verlede jaar aangemoedig en oorreed het om sy musiek op CD vas te lê.

“Ek leef daarvoor om mense in God se teenwoordigheid in te lei. Die missie is werklik om nuwe lof- en aanbiddins musiek by mense uit te kry en sodoenende die kerk te bemagtig.

Ek het ‘n passie vir ons land, die kerk en sy mense. Ek glo in eenheid en dat liefde in alle sfere van die lewe alles oorwin!”

Sy debuut-enkelsnit Anders is ‘n uitbundige, ritmiese rockloflied wat Jesus se andersheid met spontane oorgawe en innerlike vreugde besing.

Facebook: https://www.facebook.com/Rocheartist1
Twitter: https://twitter.com/Rocheartist
Instagram: https://www.instagram.com/rocheartist/
Youtube: https://www.youtube.com/channel/UCEaLV1z6yGCuvASk9VvttZA
Itunes: https://itunes.apple.com/za/album/anders/id1022754352