RAAK BETROKKE

Die aanbiddingspan is gelowiges wat nie net geroep word om die Here te aanbid nie, maar om die aanbiddingservaring te vergemaklik en die verantwoordelikheid van die aanbiddingslewe van EnDeo Familiekerk te dra.
Die Aanbiddingspan bestaan om die Here te dien deur lof en aanbidding, om die gemeente in die teenwoordigheid van die Here aan te moedig en om ‘n atmosfeer te skep waar die teenwoordigheid van die Here kan woon.
Ons doel is om mense te lei na die duidelike teenwoordigheid van die Here.
As u ‘n hart het om te sien hoe ander die Here aanbid, as jy ‘n hart vir die aanbiddingslewe van EnDeo Familiekerk het, as jy ‘n aanbidder is en jy is geroep om te dien in die gebied van lof en aanbidding, en as u kan Sing, dan is die lofprysing vir jou!
Bel die kerkkantoor en laat ‘n boodskap vir Roché Oosthuizen.
Ons ondersteun:
Sizumphakati Childcare and Community Centre Mayfield:  Maandelikse voorsiening van voedsel aan wees en minderbevoorregte kinders en behoeftiges. Gemeenskaps Uitreike en Evangelisasie.
Protea Karavaanpark Bredell & Angel Wings Care Centre: Gemeenskaps uitreike.
Enige nie-bederfbare kos, bruikbare klere,komberse en donasies sal opreg waardeer word.
Indien U graag wil betrokke raak kontak vir Coenie Geyer – 0824102243/E-pos: coeniegeyer74@gmail.com

Die jong volwassenes is ‘n groep dinamiese mense tussen die ouderdom van 18 en 35 vol energy en avontuur. Vir ons is dit lekker om saam te kuier en ‘n groot verskil te maak as geestelike familie in God se koningkryk. Ons kom weekliks in kleingroepe by verskillende huise bymekaar en as een groot groep elke ses weke. As jy ‘n jong volwassene is en wil deel raak van hierdie energieryke groep wil ons jou nooi om die kerkkantoor te kontak.

By EnDeo Familiekerk is ons passievol oor tienerbediening. Ons begeerte is om te sien hoe jongmense, deur geestelike inspraak en hope pret, God ontmoet en ‘n liefde vir Hom kweek. Deur verhouding te bou met jou tiener, wil ons hom/haar begelei tot ‘n plek van geestelike volwassenheid en toerus om ‘n getroue dissipel van Jesus te wees.

Die tieners kom op Vrydagaande tussen 19:00 en 21:00 by die kerk bymekaar, waar ons saam aanbid, luister en saam praat oor God se Woord en ook saam kuier. Almal tussen die ouderdom van 13-18 is welkom om by ons in te skakel.

EnDeo Familiekerk het gedurende Julie 2016 ons eerste Wêreld Evangelisasie Konferensie gehou. Ons het in die afgelope jaar meer as R100 000 belê in die Groot Opdrag van Jesus in Matt.28:19 – Gaan dan heen, maak dissipels van elke nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het.” EnDeo is betrokke deur sendelinge en/of Sending Organisasie te ondersteun in Zimbabwe, Malawi, Egipte, Vietnam, China en Indie. Ons is betrokke by Operasie Mobilisasie, Geopende Deure, Harvesters International, Bibles for Believers en Judea Harvest. Indien jy meer wil weet oor hoe om betrokke te raak by ons Wêreld Evangelisiasie Projek skakel gerus vir pastoor Arnold Groenewald.

Indien jy ‘n finansiële bydrae tot ons Wêreld Evangelisasie Projek wil maak kan jy dit inbetaal in die volgende rekening:

First National Bank
Rekening Nommer: 626 441 815 89
Tak Kode: 250 655

EnDeo bied op Dinsdag aande vanaf 7uur ‘n Bybelskool aan hier by die kerk. Ons is tans besig met “Kruispaaie”. Kruispaaie is ‘n twee jaar kursus. Die Kruispaaie kurrikulum is materiaal wat saamgestel is deur SATS  en woor ook deur hulle geakrediteer. Indien jy jouself verder wil bekwaam en ‘n graad in Teologie wil bekom gee SATS krediete vir almal wat die Kruispaaie kursus voltooi het. Jy kan dus jou teologiese studies deur SATS voortsit as jy klaar die 2jaar Kruispaaie kursus by EnDeo voltooi het. Indien jy belangstel om by die Bybelskool betrokke te raak kontak gerus vir past Arnold Groenewald.

Endeo Familiekerk het ‘n baie aktiewe groep senior lidmate. Hulle kom elke Woensdag om 10uur bymekaar hier by EnDeo. Hulle gaan gereeld op uitstappies en besoek interessante en geskiedkundige plekke. Hulle speel gereeld “Tenpin Bowling” of gaan eet saam ontbyt of kuier saam rondom die Woord. Die Sweet 60’s word gelei deur pastoor Arnold Groenewald. Indien jy ouer is as sestig en jy is reeds afgetree, kom kuier saam met ons elke Woensdag oggend om 10uur.