DIS ALTYD 'N VOORREG OM NUWE VRIENDE TE ONTMOET
EnDeo glo in familie.
Waar begin ek . . .
Welkom by EnDeo.
Ons as Voltydse Span en Leierskap van EnDeo glo dat jou handevat met ons, die begin sal word, van ‘n verruklike ervaring oor jou Godsbelewenis.
Ons uitsluitlike doel is om Jesus bekend te maak. Die keuse om ‘n verskil te maak, in mense se lewens, is die getuienis van dit wat Jesus Christus in ons lewens kom wakker maak het.
Mag hierdie belewenis, in elke aspek van jou lewe, ook uiting kry in jou uitlewing van jou verhouding met Jesus Christus.
Kom word en wees deel daarvan om op welke wyse ookal, jouself uit te leef. Kom leef jouself uit in ons kleingroepe, jou bediening en jou passie vir God.
Hier is ons groot genoeg om jou te erken in jou Godsroeping en klein genoeg om erkenning te gee aan dit wat God deur en in jou wil en gaan doen.
Ons roeping in Ekurhuleni is om 200 000 mense vir Jesus te wen. Jesus het Sy lewe gegee… Ons gee ons getuienis… Ons elkeen het ‘n storie. Ons wil sien hoe “jou storie” in mense se lewens ‘n verskil gaan maak. EnDeo beteken om jouself “in God entoesiasties” te kan uitleef.
Ons leef vir dit!
Groete
Deon en Glenda Swart
As EnDeo gemeente glo ons om in die voetspore van Jesus te volg en ander dissipels vir Hom te maak. Jesus het Homself laat groot doop en gee ons ook in Matteus die opdrag om dieselfde te doen. In gehoorsaamheid bemoedig ons ook ander gelowiges aan wat hulle harte en lewens aan Jesus Christus gegee het om hulle te laat doop. As jy enige navrae het oor die doop wil ons jou aanmoedig om ons doopgesprek by te woon.
If you want to be challenged to become the person God made you to be. Come and experience it! My lewe het verander oor die laaste 2 jaar na ek gejoin het. Awesome family om te hê.
Lieflike kerk-familie, fantastiese pastore, awesome aanbiddingspan. Ek het sommer dadelik tuis gevoel toe ek die 1se keer daar ingestap het.
Endeo is waarlik n omgee gemeente dankie vir die babagoedtjies wat jul vir n behoeftige vrou gegee het dankie dat jul nie die sonde maar die behoefte raak gesien het dis waaroor Kerk gaan en dit vir iemand wat jul nie ken of in jul gemeente is dit wil dankie aan jul almal wat bettokke was en is ons in vereeniging en delmas is baie dankbaar Prys die Here
EnDeo is reg langs die N12 hoofweg geleë, tussen die Snake Weg en Tom Jones Weg afritte. Wanneer jy een van hierdie afritte neem, is daar duidelike borde langs die pad wat jou tot by ons kerk neem. Die kerk is op die hoek van 2de Laan en 6de Straat in Northmead, Benoni geleë.
Jy kan by die perseel inkom vanaf 2de Laan en 6de Straat. Daar is veilige parkering op die terrein en daar is elke week twee wagte wat die karre oppas tydens die diens. Die hekke word ook tydens die diens toegemaak, om jou en jou voertuig se veiligheid te verseker.
.
Vandat jy by die kerk aankom sal jy die familie atmosfeer beleef. Juis daarom het ons geen spesifieke voorkeure rondom kleredrag nie. Jy kan verwag om mense te sien wat gemaklik aangetrek is, en ook mense te sien wat deftiger kleredrag verkies. Jy is welkom om te kom net soos wat jy is.
Ons dienste vind Sondae 08:30vm in-persoon plaas by EnDeo Familiekerk. Ons dienste bly steeds Aanlyn beskikbaar.
Kom ons bid asb almal saam vir mekaar en vertrou God vir Sy hand van seën en genade.
Ons hoop is in God!
Seëngroete.
EnDeo Span.
Dienste word op verskeie platforms, YouTube, Facebook en Spotify, op Sondae uitgesaai en is teen alle tye beskikbaar.
Die keuses wat ons maak, maak of breek ons
Pastoor Deon Swart RIGTING