EnDeo is ‘n familiekerk in Benoni.
EnDeo beteken “in God”, Wie sentraal is in ons bestaan en benadering tot alles. Ons probeer die Bybel prakties maak in ons dag tot dag lewe, want dit is sentraal in ons verhouding met God.
Ons wil ‘n verskil maak en relevant wees in ons omgewing.
Ons glo:
kom soos jy is...
Jy hoef nie jouself uit te vat in jou mooiste of beste klere nie. Jy’t nie nodig om ‘n spesifieke ouderdom te wees nie. Tattoo’s pla ons nie. Ons gee nie om vir wie jy in die vorige verkiesing gestem het nie. Jy moet asseblief nie voel jy moet voorgee oor enige iets in jou lewe nie.
Jesus se woorde in Matt 11:28 “Kom na my toe, almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal julle rus gee.” is vir ons ‘n werklikheid. Moenie maak of jy iemand is wat jy nie is nie. Ons is moeg vir voorgee.
EnDeo is ‘n plek waar God met soekende mense, wat vêr van perfek is, ontmoet. Dit beteken almal is welkom; maak nie saak waar jy in jou geestelike groei is nie. Groei op jou eie pas. Vra vrae. Soek. Ek glo jy sal vind wat jy soek. Jy sal leer hoe om met God te vereenselwig.
Ek glo jy gaan baie lief raak vir God en ook die ander mense wat saam met jou soek na meer in die lewe. Jy sal lekker kuier en hier is die groot ding – jy sal verander. Kom net soos jy is en help ons om ‘n verskil in ons omgewing te maak. |